Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
11 jaagduiwels op Gautengse paaie vasgetrek

’n Motorfietsryer (52) wat glo 209 km/h in ’n 120 km/h-sone gery het, is een van 11 jaagduiwels wat die afgelope naweek op Gautengse paaie vasgetrek is.

Luidens ’n verklaring van die Gautengse verkeerspolisie is die motorfietsryer op die R21-snelweg gevang. Hy is by die Lyttelton-polisiekantoor in Centurion aangehou en van roekelose en nalatige bestuur, sowel as uitermatige spoed, aangekla.

Die ander tien oortreders is tussen 24 en 68 jaar oud. Die laagste spoed onder hulle was ’n 35-jarige man wat 160 km/h in ’n 120 km/h-sone op die N14-snelweg gery het. Die bestuurders is onder meer by die polisiekantore in Olifantsfontein, Wierdabrug en Bronkhorstspruit aangehou en het Maandag in die onderskeie landdroshowe verskyn.

Die verkeerspolisie trek oortreders vas met behulp van toestelle wat bewegingsoortredings registreer. Met dié tegnologie word ’n bestuurder se gemiddelde spoed oor ’n minimum afstand van 500 m opgeneem. Die data kan dan afgelaai en vir ondersoek- en vervolgingsdoeleindes gebruik word.

Sello Maremane, woordvoerder van die verkeerspolisie, sê uitermatige spoed dra by tot die hoë padsterftesyfer in die provinsie.

“Dis belangrik dat bestuurders die spoedbeperking op Gauteng se groot paaie nakom om sodoende lewens te red. Die Gautengse verkeerspolisie sal sy pogings in dié verband versterk in ’n poging om padveiligheid te verhoog,” sê hy.

Meer oor:  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.