Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
12 ‘transitorowers’ in Jhb vasgetrek

Twaalf verdagtes is Woensdag in Johannesburg vasgetrek nadat ’n wenk oor ’n moontlike transitorooftog opgevolg is.

Die polisie het op inligting gereageer dat ’n groep verdagtes op pad was om ’n transitorooftog te pleeg.

Brig. Vishnu Naidoo sê die blitspatrollie en Valke, sowel as Johannesburg en Ekurhuleni se metropolisie het die 12 vermeende rowers, wat in drie motors gery het, op die N12 in die rigting van Soweto naby die Xavier-afrit onderskep en aangekeer.

“Ses handwapens is by hulle gevind. Die voertuie sowel as die vuurwapens sal ontleed word om vas te stel of dit gesteel is en of dit in enige ander misdade gebruik is,” sê Naidoo.

Die 12 verdagtes sal van sameswering om te roof en die besit van ongelisensieerde wapens en ammunisie aangekla word.

Naidoo sê dit is moontlik dat nog verdagtes in verband met die saak aangekeer kan word.

Meer oor:  Valke  |  Ekurhuleni  |  Johannesburg  |  Transitorowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.