Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
12 vas vir geweld, diefstal in Plettenbergbaai

12 mense is in hegtenis geneem ná openbare geweldpleging in Plettenbergbaai waartydens twee sakeondernemings geplunder is.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, sê die protesoptrede het Maandag omstreeks 18:30 op die N2 buite Plettenbergbaai in die rigting van Knysna begin.

“Sowat 400 mense het deelgeneem en bande is op die pad aan die brand gesteek.”

Na verneem word, is die mense ontevrede oor dienslewering.

Die N2 buite Plettenbergbaai tydens Maandagaand se protesoptrede. Foto: Facebook/Plettenberg Bay Crime Prevention Association

Volgens Pojie is die pad gesluit en is die polisie se eenheid vir openbare orde van George ontbied.

“Die eenheid het toe donderbuise gebruik om die mense uiteen te jaag,” sê Pojie.

Volgens hom is daar tydens die protesoptrede by ’n drankwinkel en ’n winkel wat gebruikte meubels verkoop, ingebreek en drank en ander goedere is gesteel.

12 mense is in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweldpleging, die reël van ’n onwettige byeenkoms, huisbraak en diefstal en die besit van moontlik gesteelde goedere. Hulle sal eersdaags in die hof verskyn. Die N2 is later weer vir verkeer oopgestel.

* In Knysna het die burgemeester, Mark Willemse, onderneem om binne 14 werksdae terugvoering te gee nadat die Knysna Taxi Forum Maandag ’n grieweskrif aan hom oorhandig het.

Dit volg op ’n optog Maandag vroegoggend deur taxi’s op die N2 vanaf Nekkies na Knysna se middedorp. Van die griewe sluit in die toestand van paaie in gebiede waar taxi’s bedryf word, veiligheid by die Sanlam- en Masifunde-taxistaanplek, die toestaan van bedryfspermitte en die konfiskering van taxi’s. Die N2 was gesluit, maar is later weer oopgestel.

Meer oor:  Betoging  |  Misdaad  |  Geweld  |  Plettenbergbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.