Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
12 vas vir openbare geweld in Lydenburg
Betogers versper paaie in Lydenburg, Mpumalanga, Maandag met brandende bande en rommel gedurende ’n betoging oor swak dienslewering.

Minstens 12 mense is Maandag gedurende ’n betoging oor swak dienslewering in Lydenburg, Mpumalanga, op klagte van openbare geweld in hegtenis geneem.

“Polisielede moes betogers in ’n stadium met rubberkoeëls uiteenjaag nadat hulle die strate met brandende bande en rommel versper en die polisie met klippe bestook het,” sê kol. Donald Mdluli, ’n provinsiale polisiewoordvoerder.

Volgens Mdluli heers daar “groot ontevredenheid” onder die betogers en beoog hulle om Dinsdag met hul protesoptrede voort te gaan.

Polisielede moes die betogers in ’n stadium met rubberkoeëls uiteenjaag nadat hulle die strate met brandende bande en rommel versper het en polisielede met klippe bestook het.

“Die betogers het by die munisipale kantoor in Lydenburg byeengekom en daarop aangedring om met die burgemeester en die bestuurders van die Thaba Chweu- plaaslike munisipaliteit te praat. Die personeel is verwyder. Polisieversterkings is ingeroep en ons hou die situasie dop,” sê Mdluli.

Farhat Essack, die DA se provinsiale finansiële voorsitter en ’n inwoner van Lydenburg, sê die stadsraad het begin om huishoudings met agterstallige kragrekeninge se elektrisiteit af te sny.

Betogers ruk Maandag op na die munisipale gebou in Lydenburg.

“Inwoners is ook ontevrede oor bewerings van korrupsie met die toewysing van HOP-huise.

“Hulle eis ook dat die burgemeester verantwoordelik gehou moet word vir die disfunksionele en vervalle water- en rioolinfrastruktuur in Lydenburg en omstreke,” sê Essack.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Lydenburg  |  Openbare Geweld  |  Da  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.