Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
12 vermeende stropers in Limpopo vasgetrek

’n Vermeende renosterstroper is Dinsdag gewond in ’n skietery met die polisie in Limpopo. Dit was in ’n operasie waarin 12 vermeende stropers in verskillende dele van die provinsie in hegtenis geneem is.

Van die ammunisie van vermeende stropers waarop die polisie in Limpopo beslag gelê het. Foto: SAPD
’n Vuurwapen wat by vermeende stropers in Limpopo gekry is. Foto: SAPD

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê daar is ook op onwettige vuurwapens en ammunisie beslag gelê.

Die polisie het Dinsdag toegeslaan en drie vermeende stropers, tussen die ouderdom van 23 en 44 jaar, in hegtenis geneem, omdat hulle glo betrokke was by stropery op ’n plaas buite Hoedspruit.

Ngoepe sê die polisie se misdaadintelligensie-eenheid het inligting gekry dat die vermeende stropers op ’n plaas buite Hoedspruit skuil, en twee van hulle is op die plaas aangekeer.

’n Makker van hulle, wat ’n wegkommotor bestuur het, is op die plaas gewaar en die polisie het die motor agterna gesit. Dit was in dié jaagtog dat die skietery uitgebreek het en die man gewond is.

Ngoepe sê die man is na ’n hospitaal geneem en is onder polisiebewaking. Nóg ’n man wat glo ook by die bende betrokke is, het te voet gevlug en die polisie soek na hom.

In ’n ander operasie is ses vermeende stropers in Zebediela in hegtenis geneem. Die polisie het vroeg Dinsdagoggend ’n motor wat verdag gelyk het, by die Groothoek-vulstasie in Zebediela voorgekeer. Daar is op onwettige vuurwapens in die motor afgekom.

Die Volkswagen Golf waarop die polisie in Limpopo beslag gelê het. Foto: SAPD

Ngoepe sê terselfdertyd het die polisie in die sakekern van die nabygeleë Mokopane (Potgietersrus) toegeslaan en twee verdagtes weens die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem.

Die polisie het op drie motors, wat ’n Volkswagen Golf 7 en Toyota Avanza insluit, beslag gelê. Daar is ook op ses onwettige vuurwapens, waarvan een ’n jaggeweer, en ammunisie beslag gelê. Ngoepe sê daar is ook ’n byl en messe by die vermeende stropers gekry.

Die vermeende stropers sal eersdaags in landdroshowe in Hoedspruit, Lebowakgomo en Mokopane verskyn op aanklagte van onder meer die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.

Meer oor:  Kol. Moatshe Ngoepe  |  Limpopo  |  Stropers  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.