Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
12 wapens in sokkies versteek in voertuig gevind
Verkeersbeamptes het Sondag op hierdie vuurwapens afgekom in ’n voertuig wat hulle in ’n padblokkade afgetrek het. ‘n 37-jarige man is in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

Kaapse verkeersbeamptes het Sondag ná ’n jaagtog daarin geslaag om ’n voertuig voor te keer waarin daar toe 12 vuurwapens gevind is.

’n 37-jarige man is in hegtenis geneem.

Die voertuig, ’n wit Volkswagen Polo, is aanvanklik in ’n padblokkade in Potsdamweg in Table View voorgekeer.

Verkeersbeamptes het ’n rooi sak onder die passasiersitplek opgemerk en die bestuurder gevra om uit die voertuig te klim.

Hy het toe glo weggejaag, maar is kort daarna ná ’n jaagtog voorgekeer en in hegtenis geneem. Die verkeersbeamptes het toe sy voertuig deurgesoek en op die vuurwapens, wat in sokkies in die rooi sak versteek was, afgekom.

Al die reeksnommers van die vuurwapens is glo afgevyl.

Lt.genl. Yolisa Matakata, Wes-Kaapse polisiehoof, het die verkeersbeamptes vir hul optrede geloof.

• In ’n onverwante voorval is ’n 27-jarige man in Philippi-Oos in hegtenis geneem nadat lede van die polisie se blitspatrollie-eenheid ’n Toyota Corolla wat in Khayelitsha gekaap is, opgemerk het.

Die voertuig is van die pad afgetrek en die 27-jarige bestuurder is in hegtenis geneem. Die polisie het ook op ’n vuurwapen en ammunisie wat hulle in die voertuig gevind het, beslag gelê.

Die man sal volgens kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, Maandag in die landdroshof in Athlone verskyn.

• Lede van die blitspatrollie-eenheid het die naweek in Brackenfell ’n man in hegtenis geneem weens die besit van tik. Hulle het ook R7 210 wat hulle by die man gevind het, gekonfiskeer.

Dié man verskyn ook Maandag in die hof.

Meer oor:  Table View  |  Voertuig  |  Wapens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.