Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
13-jarige meisie naby Bethal verkrag, vermoor

’n Verdagte word gesoek ná die verkragting en moord van ’n 13-jarige meisie Sondag naby Bethal in Mpumalanga.

Die meisie het vroeg Sondag haar huis verlaat om by ’n nabygeleë winkel iets te gaan koop, maar het nie teruggekeer nie, lui ’n verklaring.

Later die dag het haar ouers – saam met verskeie inwoners in die Malema-gebied in die Emzinoni-nedersetting – na haar begin soek. Hulle kon haar egter nie kry nie.

Haar verdwyning is by die polisie aangemeld.

Die meisie se lyk is eers Maandag naby haar huis deur ’n verbyganger ontdek. Dit blyk dat sy ook verkrag is.

“ ’n Intensiewe ondersoek is aan die gang. Enigeen met inligting oor die saak kan speursers. Shibe Mathabe by 082 462 2836 bel,” sê brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder.

Meer oor:  Bethal  |  Geslagsgeweld  |  Geweld Teen Vroue  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.