Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
14 vas weens vandalisme, diefstal by spoorweg in Kaapstad

Altesame 14 mense is die afgelope week in Kaapstad in hegtenis geneem weens spoorweg-vandalisme en kabeldiefstal.

Metrorail in die Wes-Kaap loop al etlike jare deur onder vandale wat chaos op die spoornetwerk veroorsaak deur treinwaens aan die brand te steek en oorhoofse kragdrade en kabels te steel.

Riana Scott, Metrorail-woordvoerder, sê ’n hersiene streeksveiligheidstrategie wat op bekende brandpunte en instandhoudingsgeriewe fokus, dra vrugte.

Die kabels wat teruggekry is. Foto: Verskaf

Onder die 14 inhegtenisnemings is vier Sondag in die vroeë oggendure by ’n Metrorail-depot in die Woodstock-omgewing.

Volgens haar het gewapende sekuriteitswagte die verdagtes betrap met koperkabels en ’n aansienlike bedrag kontant in hul besit.

“Die kontant sou na bewering gebruik word om Prasa-werknemers om te koop. Op grond van inligting is ’n werknemer kort daarna in hegtenis geneem. Al die kabels is ook teruggevind.”

Die verdagtes word by die Woodstock-polisiekantoor aangehou.

Die kontant wat gekry is. Foto: Verskaf

Metrorail moedig werknemers en die publiek aan om vol te hou daarmee om misdaad aan te meld.

Raymond Maseko, Prasa se waarnemende streekbestuurder, het die veiligheidspanne geloof vir hul flink optrede om die plaag van vandalisme hok te slaan.

“Ons kollektiewe fokus is om die treindiens te herstel en te verbeter. Dit is jammer dat ons eie werknemers ook by misdadighede betrek word.”

Meer oor:  Metrorail  |  Kaapstad  |  Vandalisme  |  Kabeldiefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.