Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
147 gesteelde skape gou teruggekry
Van die gesteelde skape wat byna 40 km ver aangejaag is nadat dit op ’n plaas in die Odendaalsrus-omgewing gesteel is.Foto: Verskaf

Boere van Odendaalsrus in die Vrystaat en die polisie het 147 skape teruggekry enkele ure nadat veediewe dit vroegoggend gesteel en sommige van die diere byna 40 km ver aangejaag het.

Louis Oosthuizen (37), ’n boer, sê al die skape was nog Maandag omstreeks middernag op hul plaas Welgegund buite Odendaalsrus toe hy ’n draai by die kraal gaan maak het.

Oosthuizen sê hy en ander boere is lede van die plaaswag in die omgewing en ry elke aand patrollie.

Die skape behoort aan sy pa, Louis sr. (66).

“Ek is huis toe en Dinsdag omstreeks 06:30 het van die werkers gebel en gesê die kraal is oop. Al my pa se 117 skape was weg. Ek het dadelik ’n polisiebeampte van Odendaalsrus gebel wat op sy beurt die K9-eenheid en ander beamptes laat kom het.

“Ons het spoorgesny en het die skape stuk-stuk langs die pad teruggekry. Altesaam 32 skape is sowat 37 km ver aangejaag tot by die ou myn in Riebeeckstad waar hul pote met draad vasgemaak is om gelaai te word,” sê Oosthuizen jr.

Hy skroom nooit om ons selfs in sy private tyd te hulp te snel nie.

Die waarde van die 147 skape, waarvan 30 lammers was, beloop sowat R249 000.

Oosthuizen sê as dit nie vir sers. Rudie Hamman, die Odendaalsrus-polisiekantoor se landelike veiligheidskoördineerder, se flinke optrede was nie, is die skape waarskynlik weggery.

Ao. Michael Stevens, ao. Kobus Harding en ao. Anton Mynhardt van die Welkomse K9-eenheid, het gehelp om die spore te volg en die skape op te spoor.

“Hamman gaan regtig uit sy pad en doen sy bes om ons boere hier te help. Hy skroom nooit om ons selfs in sy private tyd te hulp te snel nie. Ons het goeie polisiebeamptes hier op Odendaalsrus wat hard werk,” sê hy.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê ’n saak van poging tot veediefstal word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volgens hom is die skape deur Oosthuizen sr. uitgeken, waarna die diere aan hom terugbesorg is.

Genl.maj. Lerato Molale, bevelvoerder van die Welkom-polisiëringsgebied, het die beamptes geloof vir hul goeie werk om die skape terug te vind.

* Hamman het Woensdagoggend ook vier beeste en drie kalwers van Piet Viljoen van die plaas Paulmietkuil buite Odendaalsrus teruggekry nadat dit ook gedurende die oggendure gesteel is.

Meer oor:  Odendaalsrus  |  Sapd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.