Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
149 plaasaanvalle sedert begin van 2018
Heila Kilian, die jongste slagoffer van ’n plaasmoord in Suid-Afrika. Foto: Verskaf

Daar was sedert verlede Donderdag 11 plaasaanvalle oor die land heen en twee plaasmoorde, sê Ian Cameron, AfriForum se nasionale hoof van gemeenskapsveiligheid.

Dit bring die getal plaasaanvalle sedert begin vanjaar op 149 te staan.

“Agttien plaasmoorde is gepleeg en aanvalle in die Oos- en Wes-Kaap neem toe.”

In die jongste voorval is ’n boer Dinsdagoggend by die hek van sy plaas, sowat 30 km oos van King William’s Town in die Oos-Kaap, doodgeskiet, berig Cara-Lee Dorfling. Sy naam sal eers bekend gemaak word sodra al sy familielede in kennis gestel is. Niemand is nog aangekeer nie.

Die tweede plaasmoord was Maandagaand in die Stilbaai-distrik in die Suid-Kaap. Heila Kilian (62) is doodgeskiet toe vyf gewapende mans vier mense oorval het, berig Jackie Kruger. Die aanvallers het in die eienaar van die plaas se bakkie gevlug met ’n groot bedrag kontant en wapens. Hulle was teen Dinsdagmiddag nog op vrye voet.

Cameron sê AfriForum het nog geen terugvoering gekry ná hul skrywe ’n maand gelede aan genl. Bheki Cele, minister van polisie, nie. Daarin het AfriForum versoek om met hom te vergader oor onder meer geweld op plase. Volgens Cameron kan die vraag gevra word of die regering se “stilswye" oor plaasmoorde hulle nie aandadig maak nie.

“Ons kan egter nie self net terugsit en niks doen nie. Suid-Afrikaners kan die helfte van die stryd wen indien hulle reg voorberei en seker maak hulle doen binne die raamwerk van die wet alles binne hul vermoë om veilig te wees.”

Twee plaasaanvalle het Sondag gebeur. Volgens Cameron het drie aanvallers ’n man op ’n plaas naby Meyerton in Gauteng aangerand voordat hulle met ’n vuurwapen gevlug het. In Limpopo is ’n veiligheidswag op ’n plaas naby die ATKV-oord Eiland Spa met ’n mes gesteek, voordat drie aanvallers met elektroniese toerusting gevlug het.

Hy is met ’n byl geslaan, en het kop- en armbeserings opgedoen. Vuurwapens en elektroniese toerusting is gebuit.

Bill Gravett (63) is Saterdag op sy plaas in Addo in die Oos-Kaap aangeval. Drie mans het hom vroegaand in sy plaashuis ingewag en oorrompel. Hy is met ’n byl geslaan en het kop- en armbeserings opgedoen. Vuurwapens en elektroniese toerusting is gebuit.

’n Vrou en haar twee laerskoolkinders is ook Saterdag in die vroeë oggendure op ’n plaas in die Bokfontein-omgewing, naby Mooinooi in Noordwes, aangeval. Die aanvallers het die vrou en kinders met knuppels oor hul kop en rug geslaan, sê lt.kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder. Hulle het met selfone en skootrekenaars gevlug en is steeds op vrye voet.

Vrydag was daar aanvalle in onderskeidelik Kameelfontein-Oos in Gauteng en Mamogaleskraal naby Brits in Noordwes. Donderdag was daar drie plaasaanvalle: in Wartburg in Kwazulu-Natal, Krokodilspruit in Gauteng en die De Wildt-omgewing op die grens tussen Gauteng en Noordwes.

Meer oor:  Afriforum  |  Bill Gravett  |  Heila Kilian  |  Ian Cameron  |  Plaasmoorde  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.