Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
15 aangekeer toe polisie in Steenberg toeslaan

Altesame 15 verdagtes is Donderdag in polisieklopjagte in Steenberg in Kaapstad vasgetrek nadat die polisie en wetstoepassingsagentskappe op die gebied toegeslaan het.

Verskeie klopjagte is uitgevoer wat daarop gemik was om ongelisensieerde vuurwapens en dwelms op te spoor, terwyl speurders ook na verdagtes gesoek het.

“Verskeie adresse is besoek en mense is ook voorgekeer en deursoek. Die operasie was ’n reusesukses en 15 verdagtes, insluitend agt gesoekte verdagtes, is aangekeer. Die verdagtes word deur aanklagte van aanranding, roof, huisbraak en diefstal in die gesig gestaar,” sê sers. Noloyiso Rwexana.

Volgens haar is die ander sewe verdagtes in die besit van onwettige vuurwapens, ammunisie en dwelms gevind. Rwexana sê die verdagtes is tussen 22 en 61 jaar oud.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale kommissaris van die Wes-Kaap, het die versekering gegee dat die polisie sal voortgaan om aan gesamentlike operasies deel te neem om te verseker oortreders word aangekeer. Hy het gemeenskappe aangemoedig om in die stryd teen misdaad met die polisie saam te werk.

Die Wes-Kaapse polisie voer klopjagte in Steenberg uit.
Verdagtes word in klopjagte in Steenberg vasgetrek.
Die polisie lê in Steenberg op vuurwapens beslag.
Die polisie slaan in Steenberg toe.
Meer oor:  Steenberg  |  Polisie  |  Klopjag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.