Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
16-jarige seun glo in hospitaal in Jhb verkrag

Die polisie ondersoek die beweerde verkragting van ’n 16-jarige seun in die psigiatriese eenheid van die Bheki Mlangeni-distrikshospitaal in Soweto in die naweek.

Philani Mhlungu, woordvoerder vir Gautengse departement van gesondheid, sê Jacob Mamabolo, waarnemende LUR vir gesondheid in die provinsie, het Maandag ’n taakspan na die hospitaal gestuur om die voorval te ondersoek.

Die voorval is intussen by die polisie aangemeld.

Probleme by dié hospitaal strek terug tot minstens 8 Mei toe die 86-jarige Edwin Zazayokwe na bewering deur ’n 17-jarige pasiënt in die hospitaal doodgesteek is.

Volgens Mhlungu is daar sedert dié voorval verskeie stappe gedoen om die veiligheid by die hospitaal op te skerp. Dit sluit in die installering van veiligheidshekke by alle ingange, 24-uur sekerheid by alle sale, die installering van geslotekringtelevisiestelsels en die skeiding van die psigiatriese pasiënte van die algemene pasiënte.

Jack Bloom, gesondheidswoordvoerder van die DA in Gauteng, beweer die naweek se voorval is die 11de geval van geweldsmisdaad wat sedert begin vanjaar by dié hospitaal aangemeld is.

Hy sê daar was minstens tien ander ernstige voorvalle by die betrokke hospitaal, asook soortgelyke voorvalle by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg en die Tara- psigiatriese hospitaal in Tshwane.

Van die voorvalle wat hy noem, sluit in:

• 9 Januarie: ’n Pasiënt word deur ’n psigiatrie-pasiënt aangerand;

• 18 Januarie: ’n Pasiënt beskadig toerusting en val ’n personeellid aan;

• 27 Januarie: ’n Pasiënt word deur ’n psigiatrie-pasiënt aangeval;

• 7 Maart: ’n Psigiatriese pasiënt probeer om uit hospitaal te ontsnap;

• 28 April: ’n Pasiënt ontkoppel die veiligheidsdeur en ontsnap;

• 8 Mei: Edwin Zazayokwe sterf in noodlottige mesaanval deur ’n psigiatrie-pasiënt;

• 9 Mei: ’n Psigiatriese pasiënt rand ’n ander pasiënt aan.

• 12 Mei: Psigiatriese pasiënt rand ander ’n pasiënt aan.

• 15 Mei: ’n Pasiënt probeer via ablusieblokke ontsnap; en

• 19 Mei: ’n Pasiënt vandaliseer die mediese saal, breek vensters en beskadig toerusting.

Mamabolo sê intussen in ’n verklaring die kwessie van veiligheid by hospitale in Gauteng bly boaan die departement se lys van prioriteite.

Volgens Mamabolo gee die departement die nodige ondersteuning aan die familie van die jongste slagoffer, en hulle werk met die polisie saam in hul ondersoek.

Meer oor:  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.