Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
16de leerling sterf in Gauteng ná messtekery

Nog ’n leerling is in Gauteng doodgesteek, het die onderwysdepartement bevestig.

Die polisie ondersoek tans die voorval waarin ’n gr. 10-leerling van die Freedom Park Secondary School in Soweto Donderdag na bewering deur ’n medeleerling doodgesteek is.

Dié 14-jarige seun is ná skool naby sy huis doodgesteek, sê die departement in ’n verklaring. Sy aanvaller het glo daarna gevlug.

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, vroeër vanjaar. Foto: Brümilda Swartbooi

Dit is die 16de leerling in Gauteng wat sedert die begin van die nuwe skooljaar gesterf het.

In dieselfde verklaring spreek Panyaza Lesufi, LUR vir die departement, sy skok uit oor ’n video waarin ’n onderwyser van die Modiri Secondary School ’n leerling aanrand.

“Ek is geskok oor die beeldmateriaal en wil alle onderwysers daaraan herinner dat lyfstraf ingevolge die Grondwet en die Suid-Afrikaanse Skolewet verbied word.”

Die departement verwys verder na 39 leerlinge van die Lofentse Girls Secondary School in Soweto wat Donderdag gehospitaliseer is nadat hulle koekies met gif in geëet het. Luidens die verklaring is 12 leerlinge steeds in die hospitaal.

Meer oor:  Panyanza Lesufi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.