Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
17-jarige vas oor gelaaide pistool sonder lisensie

Verskeie verdagtes is sedert Dinsdag in Kaapstad in hegtenis geneem weens die besit van vuurwapens, ammunisie en dwelms.

Hieronder is ’n 17-jarige seun wat Dinsdag deur lede van die Kraaifontein-polisie in hegtenis geneem is.

Die vuurwapen wat na bewering in die 17-jarige se besit gevind is.

Polisielede op patrollie het die seun omstreeks 10:15 Dinsdag in Wolwefonteinstraat, Summerville, gesien stap. Hy het senuagtig gelyk, sê ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder.

“Toe hy die polisievoertuig sien, het hy gevlug en die beamptes het hom agternagesit. ’n Gelaaide 9 mm-pistool is in sy besit gevind en hy kon nie ’n geldige lisensie daarvoor wys nie.”

Nadat hy aangekla is, sal die 17-jarige in die Blue Downs-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

’n Man (35) is Woensdag in die vroeë oggendure in Kuilsrivier in hegtenis geneem weens die besit van ’n tuisgemaakte vuurwapen en ammunisie.

Die handgemaakte wapen en ammunisie wat na bewering in die 35-jarige se besit gevind is.

Die polisie het ’n huis in Kuilsrivier deursoek toe die wapen gevind is, lui ’n polisieverklaring.

Nadat die verdagte aangekla is, sal hy na verwagting in die landdroshof in Blue Downs verskyn.

In ’n onverwante operasie het lede van dieselfde polisie-eenheid beslag gelê op twee gesteelde voertuie – ’n Mercedes-Benz Viano en ’n BMW X3 – by ’n woning in Sunset Beach, Milnerton.

In een van die voertuie is Mandrax en sogenaamde towersampioene gevind met ’n geskatte straatwaarde van R100 000. Die saak word ondersoek en niemand is nog in verband met die dwelms in hegtenis geneem nie, sê kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder.

Meer oor:  Kaapstad  |  Vuurwapen  |  Vuurwapenlisensies  |  Pistool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.