Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
179 die naweek in S-Kaap vasgetrek

Meer as 170 mense is die afgelope naweek tydens verskillende polisieoperasies in die Suid-Kaap vir verskeie oortredings in hegtenis geneem.

Volgens die polisie is verskeie van sy eenhede ontplooi in verskillende gebiede wat onder misdaad deurloop. 179 mense is in hegtenis geneem.

Vrydag het lede van die misdaadvoorkomingseenheid in Knysna op ’n wenk gereageer en op ’n huis in Reënboogstraat in Hornlee toegesak. In die huis het die polisie afgekom op dwelms wat in ’n slaapkamer versteek was. Daar is beslag gelê op 105 Mandrax-tablette, ’n sak dagga, tien kleiner pakkies dagga en 18 sakkies tik. Die dwelms se waarde is sowat R35 000. ’n Man is in hegtenis geneem op ’n aanklag van dwelmhandel.

In Oudtshoorn is agt mense sedert Vrydag by ’n padblokkade vir die besit van dwelms en nog vyf vir die besit van gevaarlike wapens in hegtenis geneem. Daar is beslag gelê op klein hoeveelhede tik en ’n aantal Mandrax-tablette, ’n byl, jagmes en drie Okapi-messe, luidens ’n verklaring.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die ander inhegtenisnemings hou verband met misdade wat sedert die begin van die naweek in sekere gebiede aangemeld is.

• In nog ’n voorval is ’n 56-jarige vrou Sondag in Dysselsdorp, Oudtshoorn, in hegtenis geneem nadat 26 kg dagga in haar huis gevind is wat glo plaaslik verkoop sou word. Die dagga se waarde is sowat R37 000.

Die polisie het ’n wenk opgevolg en toe by die huis in Leeubekkiestraat toegeslaan.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Dysseldorp  |  Misdaad  |  Suksesse  |  Dwelms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.