Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
18-jarige vas nadat 2 familielede aangeval is

Die polisie het ’n 18-jarige man vasgetrek nadat hy en ’n vriendin na bewering twee van sy nabye familielede in Centurion aangeval het.

Die egpaar is Donderdagaand in Avianlaan in Pierre van Ryneveld met messe aangeval, het brig. Mathapelo Peters, ’n polisiewoordvoerder in Gauteng, gesê.

Inligting dat ’n gholfstok ook in die aanval gebruik is, is nog onbevestig. Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord.

Polisie trek die 18-jarige man weens ’n aanval op twee van sy familielede vas. Foto: Verskaf

Die Netcare 911-nooddiens was Vrydag om 01:42 op die toneel, waar hulle die egpaar met veelvuldige steekwonde en ander beserings weens die aanranding aangetref het.

Volgens die nooddiens was die vroulike slagoffer in ’n kritieke toestand, terwyl die man se beserings minder ernstig is.

Paramedici het hulle gestabiliseer en die vrou is met ’n noodhelikopter na ’n spesialishospitaal gehaas.

Peters sê die twee verdagtes het in die manlike slagoffer se voertuig gevlug. Die verlate voertuig is ’n paar uur later in die Tembisa-nedersetting aan die Oos-Rand opgespoor. 

Die 18-jarige is in Aliwal-Noord in die Oos-Kaap vasgetrek. Die vrou is nog nie in hegtenis geneem nie.

Die polisie vra dat mense met inligting wat met die ondersoek kan help, Stop Misdaad op 08600 10111 skakel.

Netcare 911-nooddiens op die toneel waar ’n 18-jarige en sy vriendin twee familielede glo met messe gesteek het. Foto: Verskaf

Meer oor:  Centurion  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.