Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
18 vas vir besit van beskermde vetplante

Agtien mense is binne 48 uur in vier onverwante voorvalle in die Wes-Kaap in hegtenis geneem vir die oortreding van die Wet op Natuurbewaring.

Woensdag omstreeks 17:30 is vier mense op die Swawelskloof-plaas, R43, Worcester in hegtenis geneem nadat Conophytum ficiforme, ’n bedreigde plantspesie, in hul besit gevind is. Die waarde is R500 000, luidens ’n polisieverklaring.

Om 23:40 dieselfde dag het die polisie in Philadelphia inligting ontvang oor ’n verdagte blou VW Polo met ’n CV-registrasienommer by die N7-Engen-vulstasie.

Van die beskermde plante wat deur die polisie gevind is.
Van die beskermde plante van naderby gesien.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die motor is gestop en deursoek toe ’n sak met bedreigde Conophytum-vetplante gevind is. Die motor se drie insittendes is van die Bitterfontein-gebied. Hulle is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van bedreigde spesies flora.

Donderdag om 07:30, weer by die Swawelskloof-plaas, is ses mense vir onwettige betreding betrap met dieselfde bedreigde plante hul besit. Die waarde van die vonds is onbekend.

Om 21:00 gedurende ’n gesamentlike operasie van die polisie in Vanrhynsdorp en Nuwerus is nog vyf mense met die vetplante in hul besit op die N7 in Vanrhynsdorp betrap.

Volgens Van Wyk sal al die mense Maandag in die hof verskyn op aanklag van die besit van flora sonder geldige dokumentasie en die besit van beskermde flora.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.