Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
19-jarige vasgetrek ná mesmoord by skool

’n Leerling van die Forest High School in die suide van Johannesburg wat glo Maandag gevlug het nadat hy ’n ander leerling met ’n mes by die skool doodgesteek het, is ure later vasgetrek.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder in Gauteng, sê die 19-jarige verdagte is in Dobsonville, Soweto, vasgetrek en sal Woensdag in die landdroshof in Johannesburg op aanklagte van moord en poging tot moord verskyn.

Hy het na bewering twee ander leerlinge beseer toe hy hulle ook met die mes aangeval het. Die verdagte is in gr. 11.

Die voorval het omstreeks 11:00 buite die skoolterrein gebeur.

Volgens Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, is die eksamen vir twee dae uitgestel en ontvang die leerlinge berading.

Dis nie duidelik presies hoe oud die oorlede en beseerde seuns is nie omdat die polisie en onderwysdepartement verskillende ouderdomme verskaf het. Hul ouderdomme wissel wel tussen 15 en 18 jaar.

Die beseerde seuns is na ’n nabygeleë hospitaal gehaas.

“Ons sal die leerling wat dood is, se naam moontlik Dinsdag bekend maak,” het Mabona gesê.

Masondo sê al die slagoffers is in die bolyf gesteek.

Dis nog nie duidelik wat die motief vir die aanval was nie. “Dit is deel van die polisieondersoek, maar dit lyk asof die seuns wat by die voorval betrokke was, Vrydag baklei het en die bakleiery Maandag voortgesit het,” het Masondo gesê.

“Ons neem verklarings af, ook by die slagoffers wat die aanval oorleef het. Albei is in ’n bestendige toestand.”

Meer oor:  Steve Mabona  |  Johannebsurg  |  Forest High School
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.