Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
19 mans uit mensehandel gered

Negentien Ethiopiërs wat na bewering teen hul wil by ’n huis in Mondeor, Johannesburg, aangehou is, is Vrydagmiddag gered.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, Valke-woordvoerder, het gesê die Ethiopiërs is gered nadat die georganiseerde misdaad-eenheid inligting ontvang het oor vermeende mensehandel in die gebied.

Mulamu het gesê dit is moeilik om hul ouderdomme te bepaal, maar hulle is almal volwassenes.

“Toe die eenheid by die positief geïdentifiseerde adres aankom, het hulle 19 volwasse mans gekry wat teen hul wil aangehou word. Hulle is almal Ethiopiese burgers.”

Sy het bygevoeg dat die mans nie vlot Engels kon praat nie, wat veroorsaak het dat beamptes gesukkel het om met hulle te kommunikeer.

Mulamu het gesê dat ’n tolk ook nie dadelik beskikbaar was om te help nie, maar dit was duidelik uit hul reaksie dat hulle teen hul wil aangehou is.

’n Man wat vermoedelik ’n mensehandelaar is, is in hegtenis geneem.

Die verdagte, wat ook ’n Ethiopiër is, sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Booysens verskyn. Hy is aangekla van mensehandel of smokkelary, het Mulamu gesê.

Intussen is die mans tydelik na ’n polisiekantoor geneem omdat daar geen dokumente wat hul identiteit kon bevestig in die huis gekry is nie.

Mulamu het gesê dit is moeilik om hul ouderdomme te bepaal, maar hulle is almal volwassenes.

Meer oor:  Mondeor  |  Johannesburg  |  Misdaad  |  Reddingspoging  |  Mensehandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.