Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
19 verdagtes vas in Macassar
Van die dwelms wat gekry is.

Die metropolisie van Kaapstad het 19 verdagtes douvoordag Vrydag aangekeer nadat die polisie op talle plekke in Macassar toegeslaan het.

Ruth Solomons, woordvoerder van die metropolisie, sê die verdagtes is tussen die ouderdomme van 18 jaar en 50 jaar. “Agt verdagtes is in hegtenis geneem vir openbare geweld, twee vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere, vier vir die besit van ammunisie en vier ander vir die besit van dagga. Een verdagte is in hegtenis geneem vir minagting van die hof,” het Solomons gesê.

Daar is ook beslag gelê op ogiesdraad wat aan die stad behoort, ses patrone vir ’n aanvalsgeweer en nege 9 mm-patrone, 48 pakkies dagga, twee klein banksakkies met dagga en 17 daggavingers.

Die ammunisie waarop beslag gelê is.
Die daggavingers waarop beslag gelê is.
Meer oor:  Macassar  |  Klopjag  |  Verdagtes  |  Polisie  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.