Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 302 oor 6 j. vas oor perlemoen
Senzeni Zokwana.

Meer as 2 302 verdagtes is die afgelope ses jaar in verband met strafregtelike sake aangekeer wat met perlemoenstropery verband hou.

Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, het Woensdag dié inligting in antwoord op ’n parlementêre vraag deur dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, bekend gemaak.

Hy sê meer as 900 perlemoenverwante sake, waaronder stropery, is sedert Januarie 2012 by die polisie geopen.

Syfers dui verder daarop dat daar sedert die 2012-’13-boekjaar op sowat 173 291 kilogram perlemoen beslag gelê is.

Gekonfiskeerde perlemoen word in pakhuise van die departement gestoor en monsters word gehou om as bewyse in strafregtelike sake gebruik te word.

Ter illustrasie.

Zokwana sê die gekonfiskeerde perlemoen is verkoop. Dié proses vind altyd deur middel van ’n oop veiling plaas. Mense met regte om perlemoen te ontgin en geldige permitte om visverwerkingsbedrywe te bestuur, neem aan die veilings deel. Die opbrengs uit die verkoop van die gekonfiskeerde perlemoen beloop volgens Zokwana sowat R22,2 miljoen. Dit is nie duidelik uit sy antwoord hoeveel gekonfiskeerde perlemoen dié bedrag behaal het en oor watter tydperk nie.

Hy sê die opbrengs van die verkoop van gekonfiskeerde perlemoen word na die Lewende Mariene Hulpbronfonds gekanaliseer om die bedrywighede van die verskeie programme van die departement van visserye te ondersteun.

Onwettige, onaangemelde en ongereguleerde vissery is volgens Zokwana ’n wêreldwye probleem.

“Die departement werk saam met die georganiseerde internasionale gemeenskap om aandag te gee aan die uitdaging,” sê die minister.

Hy sê die uitdaging om onwettige onaangemelde en ongereguleerde vissery plaaslik in bedwang te hou, vereis interdepartementele en multidissiplinêre inisiatiewe.

Meer oor:  Senzeni Zokwana  |  Pieter Groenewald  |  Perlemoen  |  Verdagtes  |  Stropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.