Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 aangekeer ná moord op Kroonstadse weldoener

Die polisie het twee verdagtes in die ondersoek na die moord op Zorah Jogee (50), ’n Kroonstadse weldoener, in hegtenis geneem.

Kapt. Stephen Thakeng, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie kon danksy ’n wenk en puik speurwerk Jogee se huiswerker en nog ’n vrou in hegtenis neem.

Zorah Jogee

Thakeng sê die polisie het leidrade opgevolg en die twee vroue is in Evaton in Gauteng in hegtenis geneem.

Jogee se huiswerker, wat van Lindley kom, was sedert die moord vermis en is die hoofverdagte in die ondersoek.

Jogee is op 26 Maart in haar huis in Kroonstad vermoor.

Haar man, Shabir, het om 14:00 op haar lyk afgekom nadat hy haar nie op een van haar selfone kon bereik nie.

Shabir het onrustig geraak omdat sy hom by die egpaar se onderneming in die dorp moes aflos en sy nie opgedaag het nie.

Thakeng sê die twee verdagtes se name sal Woensdag bekend gemaak word wanneer hulle op ’n klag van moord in die hof in Kroonstad verskyn.

Jogee was betrokke by die liefdadigheidsorganisasie Northern Free State Caregivers en het volgens Felicity Combrinck 11 jaar lank onbaatsugtige werk in die gemeenskap verrig.

Meer oor:  Kapt. Stephen Thakeng  |  Kroonstad  |  Moord  |  Weldoener
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.