Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 aangekeer vir onwettige handel in tabak-produkte

Twee mans is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hulle by ’n padblokkade met meer as R500 000 se BB-tabak betrap is.

Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, is polisielede van die Pixley ka Seme-distrik besig om ernstig teen die onwettige handel in tabakprodukte op te tree.

Die tabak wat by ’n padblokkade in Drie Susters deur die polisie gekonfiskeer is. Foto: Verskaf

Hy sê polisielede het Dinsdagaand ’n klein vragmotor by ’n padblokkade by Drie Susters voorgekeer en 705 pakkies van 100 g en 8 900 pakkies van 25 g BB Best Blend-tabak gevind toe hulle die voertuig deursoek.

Die vragmotor was glo van Bloemfontein na Worcester onderweg en is omstreeks 22:00 voorgekeer.

Die bestuurder van die vragmotor en sy assistent is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof op ’n aanklag van die onwettige handel in tabakprodukte gedurende die inperking en die oortreding van die regulasies ingevolge die Wet op Rampbestuur verskyn.

Meer oor:  Worcester  |  Bloemfontein  |  Onwettige Handel  |  Tabak-Produkte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.