Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 aangekeer wat glo R480 000 se diesel steel

Die Valke in Noordwes het twee mans wat Saterdag glo diesel ter waarde van R480 000 wou steel, vasgetrek.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke in die provinsie, sê in ’n mediaverklaring verskeie rolspelers was betrokke om die 27- en 34-jarige verdagtes aan te keer. Benewens die Valke, was ook misdaadintelligensie, die polisie se blitspatrollie- en honde-eenhede, asook Transnet-amptenare betrokke.

Volgens Rikhotso is die twee glo betrap terwyl hulle diesel uit ’n ondergrondse pypleiding naby Rustenburg gesteel het. “Hulle het dit na bewering van onder die grond na ’n petroltenk gepomp. Die twee is op die toneel in hegtenis geneem, maar ’n derde verdagte het ontsnap.”

Beslag is op die brandstoftenk en ander toerusting gelê. Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Rustenburg verskyn. Hulle word ook aangekla van die peuter met infrastruktuur, sê Rikhotso.

Meer oor:  Kapt. Tlangelani Rikhotso  |  Diesel  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.