Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 ambulanse aangeval wyl nooddienste bontstaan
Lede van die Wes-Kaapse mediese nooddienste (EMS) haal ’n draagbaar uit ’n ambulans. Daar was die naweek twee aanvalle op personeel.

Terwyl die provinsiale ambulansdienste in die Wes-Kaap die langnaweek moes bontstaan en op byna 5 000 noodoproepe reageer, is twee ambulanse ook nog met klippe bestook.

“Ambulanse is uitgestuur na 4 852 voorvalle in die Wes-Kaap, waarvan 147 in die sogenaamde rooi sones was waar personeel nie sonder polisiebegeleiding mag ingaan nie,” sê Deanna Bessick, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement.

Die rooi sones waar die voorvalle voorgekom het, is Beacon Valley (70), Tafelsig (49), Hanover Park (22) en Chicago in die Paarl (6).

Bessick sê daar was vanjaar reeds 18 aanvalle op ambulanse in die provinsie.

“Maandag omstreeks 20:00 is ’n ambulans in Tafelsig, Mitchells Plain, met klippe bestook en personeel is met ’n vuurwapen gedreig. Nog ’n ambulans is Vrydag om 19:42 in Baden Powell-rylaan in Kanini, Khayelitsha, aangeval toe betogers die ambulans met klippe bestook het.”

In albei voorvalle kon die nooddienspersoneel daarin slaag om weg te kom en hulle is nie ernstig beseer nie.

Die mees algemene noodoproepe die langnaweek was as volg:

Skietwonde: 245

Padongelukke: 55

Algemene pyn (hartaanvalle uitgesluit): 795

Asemhalingsprobleme: 594

Kraamverwante probleme: 545

Maagpyn: 315

Neurologiese probleme: 300

Braking/diarree: 246

Muskuloskeletale pyn: 190

Koors: 152

Stuiptrekkings: 135

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Misdaad  |  Geweld  |  Ambulanse  |  Nooddienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.