Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 amptenare vas wat glo Hop-huis verkoop

Twee Oos-Kaapse munisipale amptenare wat glo ’n laekostehuis aan ’n lid van die gemeenskap verkoop het, is vir bedrog en diefstal in hegtenis geneem.

Mxolisi Mdumisa (37) en Moahlodi Mokhoabane (54) van die Walter Sisulu-munisipaliteit word daarvan beskuldig dat hulle in Mei 2017 ’n laekostehuis teen net meer as R150 000 aan ’n vrou (38) verkoop het.

Luidens ’n verklaring van die Valke het die twee amptenare glo die vrou mislei deur ’n laekostehuis in April 2017 as te koop aan die vrou aan te bied.

Die vrou het die geld die volgende maand in hul bankrekening oorbetaal en nooit die huis ontvang nie.

Mdumisa en Mokhoabane is Dinsdag deur die Valke se ernstige handelsmisdaadeenheid op aanklagte van bedrog en diefstal in hegtenis geneem.

Hulle het dieselfde dag in die landdroshof in Aliwal-Noord voorgekom.

Albei is op borgtog van R1 000 vrygelaat en hulle moet weer op 12 Junie in die hof verskyn.

Genl.maj. Zintle Mnonopi, waarnemende hoof van die Valke in die Oos-Kaap, het die ondersoekspan vir hul werk geloof, asook gewaarsku dat munisipale amptenare wat vir bedrog, diefstal en korrupsie betrap word, die volle mag van die gereg sal ervaar.

Meer oor:  Inhegtenisname  |  Bedrog  |  Diefstal  |  Verkoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.