Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 babas binne dae glo deur pa’s in Suid-Kaap vermoor

Die voorval in die Suid-Kaap waarin ’n man glo sy babadogter doodgesteek het, is besonder ontstellend – veral omdat nog ’n babameisie in die Suid-Kaap minder as twee weke gelede dood is nadat haar pa haar glo aangerand het.

Só sê lt.genl. Yolisa Matakata, provinsiale polisiekommissaris, wat haar kommer oor dié misdade teenoor vroue en kinders op ’n mediakonferensie uitgespreek het.

Sy het gepraat ná die inhegtenisneming van ’n pa van ’n 16 maande oue babameisie. Hy word in die polisieselle op Swellendam aangehou en sal na verwagting Maandag op aanklag van moord in die hof verskyn. Hy is in hegtenis geneem ná ’n voorval Donderdagmiddag op die plaas Bloemhof in Buffelsjagsrivier naby Swellendam.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, sê die 33-jarige pa en die kind se 24-jarige ma, wat saam woon, het gestry oor werk op ’n plaas by Witsand, ’n nabygeleë dorp. Die baba is toe glo met ’n mes doodgesteek.

Die kind het sny- en steekwonde aan haar nek en bors opgedoen en is op die toneel dood, sê Pojie.

Die ma is lig beseer in die voorval.

Op 29 Desember is ’n 31-jarige man van Knysna in hegtenis geneem nadat hy glo sy ses maande oue dogtertjie aangerand het.

Luidens ’n polisieverklaring het die meisietjie ernstige kopbeserings opgedoen en is sy later in die hospitaal dood. Hy verskyn weer op 15 Januarie in die landdroshof op Knysna nadat die saak die afgelope Maandag uitgestel is. Die pa het Maandag in die hof aangedui hy gaan regshulp gebruik omdat hy nie geld vir ’n prokureur het nie. Sy naam, asook die baba s’n, is nie bekend gemaak nie. Hy bly in aanhouding.

’n Aanlyn versoekskrif teen borgtog vir die man wat deur die organisasie SA Women Fight Back begin is, is teen Vrydag al deur meer as 2 700 mense onderteken.

Meer oor:  Swellendam  |  Babamoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.