Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 bel polisie oor huisbraak; self vas oor perlemoen

’n Man en ’n vrou is Vrydag in die vroeë oggendure weens die onwettige besit van perlemoen by ’n huis in Mowbray, Kaapstad, in hegtenis geneem nadat die polisie op ’n huisbraak-klagte gereageer het.

Van die perlemoen waarop die polisie Vrydag beslag gelê het. Hulle het op dié vonds afgekom toe hulle op ’n klag van huisbraak reageer. Foto: SAPD

Daar is beslag gelê op perlemoen ter waarde van sowat R10 miljoen.

Lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, sê polisielede van die Mowbray-polisiekantoor is ontbied ná ’n huisroof in Strubensweg, Mowbray.

By die huis het hulle besef die perseel word as ’n verwerkingsaanleg vir perlemoen gebruik.

Hulle het die perseel deursoek en afgekom op sowel verwerkte as onverwerkte perlemoen, asook toerusting wat gebruik word om die perlemoen te verwerk.

Volgens Traut word dié perlemoen na die buiteland uitgevoer.

Die man en vrou wat in hegtenis geneem is, het aan die polisie gesê sewe mans het by die huis ingebreek en hulle vasgebind. Die mans het gevlug met perlemoen wat hulle geroof het.

Die twee, wat albei in hul 30’s is, het alarm gemaak nadat die rowers gevlug het.

Hulle sal Maandag in die landdroshof in Wynberg op aanklag van die onwettige besit van perlemoen verskyn.

Meer oor:  Mowbray  |  Perlemoen  |  Huisbraak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.