Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 betrap met sak vol perlemoen

Twee mans wat in Gqeberha (Port Elizabeth) met perlemoen in hul besit betrap is, het hul rieme deeglik styfgeloop toe die polisie op hulle toeslaan.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die mans is vasgetrek in ’n gesamentlike operasie tussen lede van die honde-eenheid en lede van ’n private maatskappye wat onwettige perlemoenstropery probeer bekamp.

Luidens die polisie se verklaring het lede van die honde-eenheid Vrydag om 07:30 inligting opgevolg oor ’n verdagte voertuig in Marine-rylaan met perlemoen.

Toe die polisie die voertuig nader, het een van hulle glo probeer om ontslae te raak van ’n sak in die voertuig.

Daar is 69 perlemoene in die sak gevind.

Twee mans van onderskeidelik 36 en 40 jaar oud is in hegtenis geneem.

Die polisie het ook beslag gelê op die verdagtes se Bantam-bakkie en hul duikpakke.

Volgens Naidu sou hulle Maandag in die landdroshof in Gqeberha verskyn in verband met die onwettige besit van perlemoen.

Die sak met die perlemoen waarop die polisie beslag gelê het. Foto: Verskaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.