Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 brand toe hulle glo brandstof probeer steel
Brandstofdiefstal
Só lyk die brandwonde van een die mans wat na bewering brandstof uit ’n Transnet-pypleiding probeer steel het. Foto: Verskaf

Twee vermeende brandstofdiewe het ernstige brandwonde opgedoen toe hulle Donderdagaand by Kendal naby Phola in Mpumalanga na bewering brandstof uit ’n Transnet-pypleiding probeer steel het.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, Valke-woordvoerder, sê die twee mans, 28 en 39 jaar oud, is deur lede van die veiligheidsmaatskappy Fidelity Security betrap nadat Transnet se beheerkamer ’n daling in die brandstofdruk in die pypleiding opgemerk het.

Fidelity se lede het een van die verdagtes, wat probeer vlug het, op die toneel gekry.

Hy was erg oor sy hele lyf verbrand.

Brandstofdiefstal
Die vlam het meters in die lug in geskiet toe die lekkende Transnet-pypleiding aan die brand geslaan het terwyl twee mans glo brandstof probeer steel het. Foto: Verskaf

Die veiligheidswagte het daarna ’n brand in ’n mielieland gewaar en besef dit het by die Transnet-pypleiding ontstaan.

Die Valke en die polisie is ontbied om die toneel te ondersoek.

Die tweede verdagte is tydens die ondersoek gevind waar hy onder ’n brug weggekruip het.

Ook dié man het ernstige brandwonde opgedoen.

Sekgotodi sê die nooddienste is ontbied nadat die twee mans in hegtenis geneem is.

Die verdagtes is na ’n plaaslike hospitaal geneem waar hulle onder polisiebewaking vir hul beserings behandel word.

Die Valke het beslag gelê op ’n wit Mazda-bakkie, ’n kragopwekker en stukke gebrande klere wat op die toneel gekry is.  

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Phola op aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging, die peuter met noodsaaklike infrastruktuur en diefstal van brandstof verskyn.

Meer oor:  Mpumalanga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.