Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 broers gestenig wat van moord verdink word
Die koppie waar twee broers van Groblersdal Maandagaand met klippe doodgegooi is.Foto: SAPD

Twee broers van Groblersdal in Limpopo is Maandagmiddag op ’n koppie gestenig nadat die gemeenskap hulle van moord beskuldig het.

Lukas Seloma (46) en sy broer, Willem (47), is dood nadat hulle in die Rakgoadi-nedersetting met klippe bestook is. Hulle lyke is onder boomtakke op die koppie versteek.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die polisie moes ingryp om die woedende skare wat die Seloma-broers aangeval het, uiteen te jaag.

Vier vroue en vier mans is in hegtenis geneem.

Mojapelo sê onmin broei sedert Junie in die gemeenskap toe Peter Phathlamohlaka (23) spoorloos verdwyn het nadat hy glo gaan visvang het in die Olifantsrivier. Hy was saam met ’n groep mans toe hy verdwyn het.

Die polisie se soek-en-reddingseenheid het die rivier en die omliggende gebied gefynkam, maar Phathlamohlaka is nooit gekry nie.

‘n Groep mense het Maandagmiddag buite Groblersdal saamgedrom nadat twee mans met klippe doodgegooi is.Foto: SAPD

Volgens Mojapelo is die twee Seloma-broers twee weke gelede glo deur die gemeenskap van Rakgoadi beskuldig dat hulle iets te doen het met Phathlamohlaka se verdwyning.

Die boers is glo erg aangerand en het ’n klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer by die Groblersdal-polisiekantoor aanhangig gemaak. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Die gemeenskap het Donderdag begin oproerig raak omdat daar nie uitsluitsel is oor wat in 2019 met Phathlamohlaka gebeur het nie. Die polisie se eenheid vir openbare orde is in die gebied ontplooi nadat skole ontwrig en paaie met brandende buitebande versper is.

Die mans en vroue wat weens die moorde op die Seloma-broers in hegtenis geneem is, sal Donderdag in die landdroshof in Motetema op aanklag van moord verskyn.

Die polisie hou steeds ’n wakende oog oor die plofbare situasie in Rakgoadi.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, het die boendoegeweld veroordeel en ’n beroep op die publiek gedoen om nie eie reg te gebruik nie.

Enigiemand met inligting oor die moorde en verdwyning van Phathlamohlaka kan ao. Malose Mothokao by 060 996 0066 bel.

Meer oor:  Groblersdal  |  Verdwyning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.