Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 Chinese op 1 dag in Vrystaat vermoor

Twee mans verskyn binnekort in die hof in Thaba Nchu, buite Bloemfontein, vir die moord en roof van nog ’n Chinese sakeman in die Vrystaat.

Drie mans, een met ’n vuurwapen en een met ’n skroewedraaier gewapen, het Sondag omstreeks 18:30 op die H-M Worldmart-supermark toegeslaan en geld geëis.

Sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, sê die rowers het geld van Chen Jinquan (43) geëis. ’n Stryery het ontstaan waarna een van die mans Jinquan doodgeskiet het.

Die polisie was vinnig op die toneel en het die mans agternagesit. Inwoners het twee van die verdagtes gesien en die polisie laat weet.

Jinquan is die tweede Chinese sakeman in die Vrystaat wat Sondag doodgeskiet is.

Vroeër die dag het drie mans H. Zang ontvoer waar hy langs die pad buite Wepener by ’n verkeersbeampte gestaan het.

Die verkeersbeampte het Zang, wat ook ’n winkel in Botshabelo, buite Bloemfontein, besit, van die pad getrek. Drie mans het by hulle gestop. Hulle het die beampte se dienspistool afgeneem en Zang ontvoer.

Zang is kort daarna met ’n skietwond in sy kop gevind. Sy BMW-sportnutsvoertuig is later uitgebrand gevind.

Xuma sê ná die dood van Jinquan het sy aanvallers met geld en ’n selfoon van een van die werkers weggehardloop.

“Die polisie was vinnig op die toneel en het die mans agternagesit. Inwoners het twee van die verdagtes gesien en die polisie laat weet.

“Een van die mans is aangekeer waar hy tussen twee geboue weggekruip het terwyl die tweede man gewaar is waar hy op ’n huis se dak geskuil het. Hy is ook in hegtenis geneem,” sê Xuma.

Volgens hom is van die geld en die selfoon wat geroof is, by die twee verdagtes gekry. Een van die mans het die geld in sy onderklere probeer wegsteek.

Een van die mans het die geld in sy onderklere probeer wegsteek.

Die polisie soek nog na die derde man.

Die polisie het ook die pistool wat vermoedelik in die rooftog gebruik is, onder ’n boom nie ver van die twee verdagtes nie gevind.

Die twee mans, albei Lesotho-burgers en onderskeidelik 23 en 32 jaar oud, sal op aanklagte van moord, sakeroof en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie in die hof verskyn.

Kol. Mosiuoa Raliopane, waarnemende bevelvoerder van die Selosesha-polisiëringsgebied, het die gemeenskap bedank vir hul samewerking om misdaad te bekamp.

Meer oor:  Vrystaat  |  Thaba Nchu  |  China  |  Wepener  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.