Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 diensvoertuie binne ure gekaap
Die voertuig wat in Nyanga-Oos gekaap is.

’n Kaapse verkeersbeampte is Dinsdagoggend douvoordag in Eersterivier in haar diensmotor gekaap en van haar besittings beroof, waarna die rowers haar voertuig gebruik het om ’n ander motor te kaap.

Ure later het ’n wetstoepasser in Nyanga-Oos ook deurgeloop onder kapers wat sy diensvoertuig gesteel het.

Maxine Bezuidenhout, Kaapstadse verkeerswoordvoerder, sê die verkeersbeampte het net na middernag haar kollega ná hul skof by die huis afgelaai toe ’n groep verdagtes haar voorkeer en oorrompel.

“Hulle het gevlug en volgens die polisie is die verkeersvoertuig later gebruik om ’n ander voertuig te kaap.

“Albei voertuie is later op die Ou Faure-pad naby die militêre basis gevind. Die verkeersbeampte is ongedeerd, maar uiters getraumatiseerd. Sy kry nou behandeling,” het Bezuidenhout gesê.

Wayne Dyason, wetstoepassingswoordvoerder vir Kaapstad, sê een van hul wetstoepassers is gekaap toe hy omstreeks 06:00 sy huis verlaat het om werk toe te gaan.

“Sewe gewapende rowers het op hom toegeslaan, sy voertuig gevat en hom ongedeerd agtergelaat.”

Dyason sê die voertuig is kort daarna met opsporingstegnologie in Vulyolwethu-straat, Crossroads, teruggevind. Net die motorbattery was weg.

Dyason sê die plek waar die voertuig gevind is, is bekend as ’n stortingsplek vir gesteelde motors.

Enigeen met inligting oor die voorval kan die stad se noodkommunikasiesentrum by 021 480 7700 of die polisie se misdaadlyn by 10111 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.