Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 dood, 1 gewond in aanval op Pta-landgoed

Twee mense is dood en een ernstig gewond toe rowers Dinsdag op ’n huis op ’n landgoed naby Olifantsfontein oos van Pretoria toegeslaan het.

Volgens ’n bron is ’n man, sy vrou en dogter gedurende die aanval geskiet.

Die nood- en veiligheidsdienste is net ná 06:00 na die toneel ontbied. Die man is glo in die kop geskiet en die vrou in haar bors.

Volgens die bron het die vrou nog gelewe toe die nooddienste op die toneel aangekom het. Sy is glo enkele minute later dood. Die man was glo reeds dood.

Elandsfontein
Die toneel by Elandsfontein wat die polisie ondersoek. Foto: Felix Dlangamandla

Die egpaar se dogter, glo in haar 20’s, is in haar bobene geskiet. Sy is per helikopter na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

Die rowers het oor die grensmuur van die landgoed geklim om toegang tot die huis te verkry en het glo net enkele elektroniese toestelle gesteel.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, asook verskeie nooddienste, kon nie onmiddellik kommentaar oor die voorval lewer nie.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Pretoria  |  Olifantsfontein  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.