Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 gebruik glo werksbakkie om kabels te steel

Twee werknemers van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit in Limpopo het glo ’n munisipale bakkie gebruik om koperkabels te steel.

Masupja Mogashoa (42) en Jeffrey Manamela (51) is Sondag weens die beweerde kabeldiefstal in hegtenis geneem. Hulle het Maandag op aanklagte van diefstal en die besit van vermoedelik gesteelde goedere in die plaaslike landdroshof verskyn. Mogashoa is op borgtog van R1 500 vrygelaat, maar Manamela bly in aanhouding omdat hy ’n hangende saak teen hom het. Dit is nie bekend waarvan hy in dié saak aangekla word nie.

Die mans het glo met ’n Nissan-bakkie wat aan die munisipaliteit behoort koperkabels in die Mookgophong- (Naboomspruit) gebied gesteel. Die polisie het op die bakkie beslag gelê.

Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit.

Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, sê sy is “gewalg” deur die werknemers se optrede. Van Staden sê ’n ondersoek na die voorval is afgehandel en die werkers is Woensdag geskors hangende die hofsaak teen hulle.

“Ons vra nederig om verskoning vir die vertraging van enige munisipale dienste weens die voorval,” het Van Staden gesê.

“Ons veroordeel enige wangedrag deur munisipale werkers ten sterkste en ons sal toesien dat diegene wat die landswette oortree, aanspreeklik gehou word vir hul dade.”

Die Modimolle-Mookgophong-gebied word bykans weekliks deur kragonderbrekings geraak. Dít het weer ’n nadelige invloed op waterverskaffing omdat waterpompe dan nie werk nie. Inwoners in die twee dorpe gaan reeds gebuk onder gereelde wateronderbrekings.

Van Staden het ’n beroep op inwoners gedoen om die munisipaliteit te laat weet van enige onwettighede.

Meer oor:  Kabeldiefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.