Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 geskiet, 16 beseer op ANC-vergadering

Twee mense is geskiet en 16 beseer toe ’n bakleiery tussen lede Saterdag op ’n ANC-vergadering in Limpopo uitgebreek het.

Matome Moremi-Taueatsoala, ’n ANC-woordvoerder in Limpopo, het die voorval in Ga-Seleka buite Lephalale (Ellisras) Maandagoggend aan Netwerk24 bevestig.

“Wat Saterdag gebeur het, is soos iets uit Hollywood. ’n Bakleiery het op die vergadering uitgebreek en dit het tot ’n skietvoorval gelei waarin twee mense gewond is. Nog 16 mense is beseer.”

Die gewondes is na die Witpoort-hospitaal geneem, waar hulle steeds aansterk.

Moremi-Taueatsoala sê die ANC is bekommerd oor die aard van die gewelddadigheid.

Motors is beskadig toe ’n bakleiery die naweek op ’n ANC-vergadering in Lephalale uitgebreek het.

“Vroue moes by die vergadering skuiling soek nadat hul motors met klippe gegooi is. Daar is ook mense aangerand. Hierdie soort gedrag hoort nie in ons samelewing nie, wat nog te sê van in die ANC.”

Hy sê dit is ook kommerwekkend dat pangas en ander skerp voorwerpe glo opgemerk is.

Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê ’n 41-jarige man is in verband met die skietvoorval en geweld in hegtenis geneem.

“Die polisie ondersoek aanklagte van poging tot moord, aanranding, saakbeskadiging en openbare geweld.”

Volgens Mojapelo is dit nog nie duidelik wat tot die bakleiery aanleiding gegee het nie.

Die ANC het al sy vergaderings in die Lephalale-streek afgelas.

Nadat ’n ANC-vergadering Saterdag gewelddadig geraak het, is motors met klippe bestook. Twee mense is tydens die geweld geskiet en 16 beseer.
’n Volkswagen Citi Golf se ruite is Saterdag met klippe uitgegooi ná n bakleiery op ’n ANC-vergadering.
Meer oor:  Anc  |  Bakleiery  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.