Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 gesoekte misdadigers vasgetrek in die Karoo
Polisiebeamptes deursoek ’n verdagte voertuig wat hulle voorgekeer het. Foto: VERSKAF

Die polisie het twee vermeende misdadigers in Laingsburg in die Karoo vasgetrek in ’n misdaadvoorkomingspatrollie.

Beamptes het die twee mans, onderskeidelik 33 en 35 jaar oud, Saterdagmiddag vasgetrek. Hulle het verskeie vuurwapens by hulle gehad en word verbind met ’n string misdade in Gauteng, Limpopo en Noordwes.

Volgens brig. Novela Potelwa, ’n polisiewoordvoerder, het die beamptes ’n verdagte voertuig opmerk.

Hulle het die voertuig met Gautengse nommerplate voorgekeer en deursoek.

Daar is beslag gelê op drie vuurwapens waarvan die reeksnommers afgekrap is, ’n vuurwapen waarvan die wettige eienaar dood is, en verskeie patrone.

Hulle sal Maandag in die landdroshof op Laingsburg verskyn op aanklagte van die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.

Lt.genl. Sindile Mfazi, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het beamptes vir hul vinnige en flink optrede geprys.

“Die polisie in Laingsburg het gekeer dat ander ernstige misdade gepleeg word.”

Die mans was vermoedelik op pad na Kaapstad toe hulle vasgetrek is.

Meer oor:  Laingsburg  |  Karoo  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.