Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 ‘gevaarlike’ ontsnaptes weer in Oos-Kaap vasgetrek

Twee van die drie “gevaarlike misdadigers” wat op die vooraand van die verkiesing uit die Middledrift-gevangenis in die Oos-Kaap ontsnap het, is weer vasgetrek.

Terwyl die polisie Donderdagaand die net stywer gespan het om Aviwe Nkwalase (29) en Sizwe Mhlana (33), het hulle weer probeer vlug, maar hulle is in ’n nabygeleë openbare speelpark deur die polisie aangekeer.

Sizwe Mhlana is weer in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

’n Beampte van korrektiewe dienste het toe hy gevangenes die middag van 7 Mei in hul selle toegesluit het, opgelet Nkwalase, Mhlana en Andisa Vas was nie in hul selle nie.

Dit is nog onbekend hoe hulle ontsnap het.

Die polisie het meer as twee weke later inligting gekry dat Mhlana en Nkwalase tussen die woonbuurte Zwelitsha en Sweetwaters in King William’s Town rondbeweeg.

Donderdag omstreeks 19:45 het die polisie die twee ontsnaptes by ’n verkeerslig in Zwelitsha sien staan en inbeweeg.

Brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die Oos-Kaapse polisiekommissaris, sê die hulle het probeer weghardloop toe hulle besef die polisie is besig om hulle te omsingel, maar is oomblikke later in hegtenis geneem.

Aviwe Nkwalase is ook weer aangekeer. Foto: Verskaf

Mhlana, wat tien jaar weens roof uitdien, en Nkwalase, wat 16 jaar weens roof met verswarende omstandighede uitdien, sal Maandag in die landdroshof in Middledrift verskyn op aanklagte wat verband hou met die ontsnapping uit wettige aanhouding.

Kinana sê dit is nog nie duidelik waar die twee gebly het terwyl hulle op die vlug was, of wat hulle in dié tyd gedoen het nie.

“ ’n Ondersoek duur voort om vas stel of hulle enige ander misdade gepleeg het terwyl hulle buite die tronk was.”

Die soektog na Vas, wat 12 jaar weens poging tot moord, asook roof, uitdien, duur voort.

Kinana het weer eens die gemeenskap gewaarsku om Vas nie self te probeer aankeer nie aangesien hy moontlik gewapen kan wees.

Die polisie is steeds op soek na Andisa Vas, wat uit die Middledrift-gevangenis ontsnap het. Foto: Verskaf

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris, het die deurbraak verwelkom en die polisie aangemoedig om Vas spoedig op te spoor.

Ntshinga het ook haar kommer uitgespreek oor gevonniste misdadigers wat weer in die posisie kom om misdaad te pleeg. “Sulke ontsnaptes het die potensiaal om die slagoffers van hul misdade te traumatiseer.”

Die polisie vra enigiemand met inligting om die Stop Misdaadnommer 08600 10111 te bel.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Inhegtegisname  |  Polisie-Soektog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.