Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 gevang ná inbrake by Gautengse skole

Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo op heterdaad betrap is waar hulle by twee verskillende Gautengse skole ingebreek het.

’n 26-jarige man is Donderdagaand glo deur lede van die gemeenskap voorgekeer nadat hy ingebreek het by die Tembisa Secondary School.

Nog ’n 27-jarige man is op dieselfde tyd op soortgelyke wyse voorgekeer toe hy glo ingebreek het by die Tharabollo Secondary School in Vereeniging.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Vrydag in ’n verklaring die mense bedank wat gehelp het om die skole te beskerm deur op te tree en die polisie te kontak.

Misdadigers het klaarblyklik hul pogings verskerp om ons kinders se toekoms in die wiele te ry.

Volgens Lesufi het die 27-jarige man glo aan die polisie gesê hy en ander het die afgelope twee weke ook by ander skole in die Sedibeng-omgewing ingebreek.

Lesufi het dié deurbraak verwelkom.

Hy het Woensdag bevestig dat 21 skole in die provinsie sedert die begin van die staat van inperking óf besteel óf gevandaliseer is. En dit het nie opgehou nie, sê Lesufi.

“Misdadigers het klaarblyklik hul pogings verskerp om ons kinders se toekoms in die wiele te ry,” sê hy.

Sedert Woensdag is daar by nog 19 skole in die provinsie ingebreek. Toerusting en kruideniersware is gebuit.

Lesufi het van dié skole besoek, asook skole in Soshanguve wat afgebrand is.

Hy het opnuut sy departement se samewerking beloof om te verseker dat al die skuldiges aangekeer sal word.

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  Gauteng  |  Skole  |  Diewe  |  Inbraak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.