Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 gewese sirkusleeus gestroop in nuwe blyplek

Die foto onderaan die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Twee van die gewese sirkusleeus wat verlede jaar uit Peru en Colombië gered en tydens ’n enorme reddingsveldtog na Suid-Afrika gevlieg is, is deur stropers doodgemaak en hul koppe en pote is afgekap.

Die twee leeus wat by die Emoya Big Cat Sanctuary op die Bahati-landgoed buite Vaalwater in Limpopo aangehou is, is ook afgeslag.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die eienaars van die landgoed het Maandagoggend op die gruvonds afgekom.

Dit is onduidelik of die leeus eers vergiftig is voordat hulle koppe, pote en velle verwyder is.

Ngoepe sê volgens werkers by die Emoya Big Cat Sanctuary was hulle Sondag by die leeus en niks het verdag voorgekom nie. Die leeus is vermoedelik Sondagnag doodgemaak.

“Daar was drie stelle spore naby die karkasse. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” sê Ngoepe.

Die twee leeus was deel van ’n groep van 33 gewese sirkusleeus wat in Mei verlede jaar in ’n veldtog van Animal Defenders International (ADI) in samewerking met Operation Spirit of Freedom na die Emoya Big Cat Sanctuary gevat is.

Hulle het in staalhokke geleef, nooit gras onder hulle pote gevoel nie. Ons probeer bloot om iets van dit wat van hulle gesteel is, terug te gee.

Savannah Heuser van Emoya Big Cat Sanctuary se ma, Minunette, het Vrydag gesê “niemand kan of mag nou met jou praat oor wat gebeur het nie.”

Sy sê hulle internasionale borge vlieg eers volgende week na Suid-Afrika.

Heuser is uiters ontsteld oor die twee leeus wat doodgemaak is en was na aan trane toe sy gevra is oor wat presies gebeur het.

Een van die leeus by die Emoya Big Cat Sanctuary buite Vaalwater in Limpopo. Foto: Facebook

24 van die leeus is van Peru en nege van Colombië. Hulle is uit tien verskillende sirkusgeselskappe gered. Die vervoer van die leeus in kratte in vliegtuie was een van die grootste tot nog toe en het wêreldwyd die nuus gehaal.

Die leeus is in die sirkusse erg mishandel soos hulle met swepe geslaan is. Hul tande is uitgeslaan en hul kloue verwyder.

Jan Creamer van ADI, wat verlede jaar betrokke was by die reddingsoperasie, het gesê die leeus is hul lewe lank aan wanvoeding en wreedheid blootgestel.

“Hulle het in staalhokke geleef, nooit gras onder hulle pote gevoel nie. Ons probeer bloot om iets van dit wat van hulle gesteel is, terug te gee.”

Veeartse moes baie van die leeus se oorblywende tande trek. Al die leeus het name. Minunette wou nie sê wat die twee gestroopte leeus se name is nie.

Savannah Heuser het nie op skriftelike navrae reageer oor die twee leeus wat doodgemaak is nie.

ADI het ook nie op skriftelike navrae reageer nie.

Die karkasse van twee leeus wat by die Emoya Big Cat Sanctuary buite Vaalwater doodgemaak is.

Limpopo loop die afgelope jaar erg deur onder stropers wat hulle op wildplase se leeus toespits. Die diere word ook meestal vergiftig voordat hulle koppe en pote afgekap word.

Ngoepe sê leeus se koppe en pote word dikwels in moetie gebruik.

Sowat twee weke gelede is vier vroue in Praktiseer buite Groblersdal in hegtenis geneem toe agt leeupote en die velle van twee leeus by hulle gekry is.

Verskeie leeus is al buite Tzaneen, Groblersdal, Bela-Bela (Warmbad), Musina en Mokopane (Potgietersrus) gif ingegee voordat hulle koppe en pote afgekap word.

Twee Bengaalse tiere is Maandag op ’n wildplaas buite Roedtan gif ingegee voordat hulle koppe en pote afgekap is. Die tiere is op die plaas van die bekende boer, Johan van Zyl, wat verlede jaar in ’n motorongeluk dood is, gestroop. Van Zyl was in 2011 ’n deelnemer aan die TV-reeks, Boer soek ’n vrou.

Die polisie het ’n beroep op eienaars van wildplase gedoen om veiligheid op te skerp om hul diere te beskerm.

Ricardo … "My idea of a good morning is one where I open my eyes, take a deep breath, roar a few times. Then go back to sleep." To volunteer with us please complete the online application form at www.Emoya.org.za/volunteer #33Lions #WeBroughtThemHome #RememberWhoYouAre #AnimalDefendersInternational #EmoyaBigCatSanctuary #EmoyaLive #ResponsibleTravel #ResponsibleVolunteerProgram #SustainableTravel #GreenTravel

Posted by Emoya Big Cat Sanctuary on Saturday, October 1, 2016


Meer oor:  Moatshe Ngoepe  |  Limpopo  |  Peru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.