Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 gou vas ná roof in Verulam

Die polisie in KwaZulu-Natal het Vrydagoggend, skaars 24 uur ná ’n gewapende rooftog in Verulam in die noorde van Durban, twee verdagtes opgespoor en in hegtenis geneem.

Daarby is ’n verdagte wat Woensdagaand omstreeks dieselfde tyd in vermoedelik ’n mislukte rooftog by ’n ander huis in dieselfde buurt gewond is, ná ’n kort soektog in die Addington-hospitaal in Durban opgespoor.

Polisielede en beamptes van ’n veiligheidsmaatskappy op die toneel in die Verulam-omgewing waar een van die verdagtes van ’n gewapende roof Vrydag in hegtenis geneem is.Foto: Prem Balram

Dié verdagte is onder streng polisiebewaking in die hospitaal en sal ná sy herstel in die hof verskyn op aanklag van poging tot roof.

Prem Balram, woordvoerder van die plaaslike veiligheidsmaatskappy Reaction Unit South Africa (Rusa), sê drie mans het Woensdagaand ’n gesin in Parkgate, Verulam, oorrompel en hul selfone en paspoorte gevat. Hulle het ’n televisiestel in die gesin se Nissan-voertuig gelaai en weggejaag.

“Veiligheidsbeamptes was reeds in die omgewing omdat daar ’n skietery was by ’n huis in Wimbledon Grove, ook in Verulam. Dit is in dié skietery dat die huiseienaar die verdagte gewond het wat later in die Addington-hospitaal opgespoor en in hegtenis geneem is. Drie van sy makkers is nog op vrye voet,” sê Balram.

Een van die vuurwapens waarop die polisie Vrydag beslag gelê het. Foto: Prem Balram
Een van die verdagtes wat Vrydag in Verulam aangekeer is.Foto: Prem Balram

Die veiligheidsbeamptes het die voortvlugtende mans in die Nissan gesien en agternagesit. ’n Skietery het kort daarna in Toddstraat uitgebreek waarin een van die beamptes in die linkerarm gewond is. Die rowers het van die toneel af gevlug.

“Die beampte is in ’n stabiele toestand in die hospitaal,” sê Balram.

“In ’n intelligensie-gedrewe operasie is twee verdagtes Vrydagoggend in die Verulam-omgewing in hegtenis geneem. ’n Vermoedelik gesteelde televisiestel is teruggevind,” sê kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder.

Daar is ook beslag gelê op twee vuurwapens wat vermoedelik in die rooftog in Parkgate gebruik is.

Die twee verdagtes is in aanhouding en sal eersdaags in die hof op aanklag van gewapende roof verskyn. ’n Derde man wat met die rooftog verbind word, is nog op vrye voet.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Inhegtegisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.