Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 gou vas ná rooftog in Umlazi

Twee verdagtes, van onderskeidelik 27 en 34 jaar oud, sal Donderdag op ’n aanklag van gewapende roof in die landdroshof in Umlazi in KwaZulu-Natal verskyn.

“Die mans is Dinsdag op afsonderlike plekke in Umlazi vasgetrek nadat hulle Sondag glo ’n man by ’n vulstasie met ’n vuurwapen aangehou en met sy selfoon en ’n onbekende hoeveelheid kontant op die vlug geslaan het,” het brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder in die provinsie, gesê.

“Die verdagtes het die man se hande en bene met skoenveters vasgebind voordat hulle met die buit van die toneel gevlug het. Toe die mans Dinsdag in hegtenis geneem is, is daar op ’n groot hoeveelheid kontant asook die voertuig, wat glo in die gewapende rooftog gebruik is, beslag gelê,” het Naicker gesê.

Drie ander mans is ook onlangs in Inanda in KwaZulu-Natal aangekeer. Hulle kan moontlik met sewe rooftogte by verskillende ondernemings verbind word.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris, het die polisiebeamptes vir hul puik werk geprys. “Ons wil gewapende rooftogte in die kiem smoor en die bose siklus van misdaad en geweld breek.”

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Rowers  |  Hofverskyning  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.