Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 in arres ná dwelmvonds by huis in Somerset-Wes

’n Man en vrou wat vermoedelik dwelms soos dagga, etanol en psigedeliese sampioene (towersampioene) verkoop het, is Dinsdag ná ’n klopjag op hul huis in Somerset-Wes naby Kaapstad in hegtenis geneem.

Die Valke het Dinsdag in die klopjag op spuitnaalde beslag gelê. Foto: Verskaf

Die Valke het op ’n dwelmvonds van sowat R500 000 in die huis in die woonbuurt Helena Heights afgekom.

Zinzi Hani, Valke-woordvoerder, sê Woensdag die Valke het die huis deursoek en op dié vonds afgekom.

Die Valke het op ses bottels etanol van vyf liter elk beslag gelê. Foto: Verskaf

Volgens Hani het die Valke op daggabome, dagga-olie, spuitnaalde, psigedeliese sampioene en ses liter etanolbottels van vyf liter elk beslag gelê.

Daar is ook op kontant in die huis beslag gelê wat vermoedelik met dwelmverkope verbind kan word.

Die beskuldigdes het na bewering psigedeliese sampioene verkoop. Foto: Verskaf
Die Valke het ook daggabome op die beskuldigdes se perseel aangetref. Foto: Verskaf

Hani sê die polisie sal vasstel of die 46-jarige man en die 47-jarige vrou ’n misdaadgeskiedenis van vorige dwelmverwante veroordelings het.

Hul name word weerhou tot hulle Donderdag in die plaaslike landdroshof van dwelmhandel aangekla gaan word.

Sy sê verdere klopjagte sal volg om enige dwelmproduksie hok te slaan.

Meer oor:  Somerset-Wes  |  Dagga  |  Huis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.