Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 in hof vir moord op Chinese man in Vrystaat

Twee jong mans verskyn na verwagting Vrydag in die landdroshof op Phuthaditjhaba in die Oos-Vrystaat vir die beweerde moord op ’n Chinese burger en poging tot moord op twee ander mans.

Die mans, onderskeidelik 21 en 23 jaar oud, is Woensdag in die vroeë oggendure in Germiston aan die Oos-Rand van Johannesburg in hegtenis geneem.

Ao. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die mans, wat albei van Qwaqwa is, sal Vrydag op aanklagte van moord, poging tot moord, sakeroof en regsverydeling in die hof verskyn.

Dit kom nadat hulle vroeër vandeesmaand na bewering vir Chen Day Shun (62) in ’n aanval by ’n herwinningsonderneming doodgeslaan en nog twee ander werkers ernstig beseer het.

Chen Min Yaw is steeds in die hoësorgeenheid van ’n hospitaal in Bloemfontein, terwyl ’n ander werker vroeër vandeesweek ontslaan is.

Die mans het glo ysters en ander stomp voorwerpe in die aanval gebruik.

Volgens Mophiring het die vermeende aanvallers by dieselfde onderneming gewerk en is die motief vir die aanval nog onduidelik.

Die aanval is op kringtelevisiekameras vasgevang en die polisie kon die mans identifiseer, maar hulle het kort na die aanval na Germiston gevlug.

Brig. Moses Mohloare, bevelvoerder van die Phuthaditjhaba-polisiekantoor en sy span speurders het die mans met behulp van inligting van die gemeenskap opgespoor en in hegtenis geneem.

Maj.genl. Peter Moloi, bevelvoerder van die Phuthaditjhaba-polisiëringsgebied, het Mohloare en sy span geloof vir hul toegewyde diens.

Meer oor:  Vrystaat  |  Phuthaditjhaba  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.