Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 in Umkomaas vas weens dwelms

Twee mans is Donderdag in twee verwante voorvalle in Umkomaas in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem weens die besit van dwelms.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê ’n 27-jarige man is in Sandalwoodstraat vasgetrek tydens ’n operasie deur polisiebeamptes verbonde aan die provinsiale dwelm- en vuurwapeneenheid.

“Die man is in besit van 31 stukke crack-kokaïne en 22 Mandrax-tablette gevind. In ’n opvolgoperasie naby ’n vulstasie in die omgewing is ’n 36-jarige man deurgesoek. Hy is in besit van 15 stukke kokaïne, tien pakkies metamfetamien en 84 g ketamien-poeier betrap,” sê Gwala.

Die polisie het ook beslag gelê op die R1 500 kontant wat aan die man gekry is.

Die geraamde straatwaarde van al die dwelmmiddels is sowat R53 000.

“Die twee mans is in aanhouding en sal eersdaags in die hof verskyn op aanklagte van die besit van dwelmmiddels,” sê Gwala.

Meer oor:  Umkomaas  |  Dwelms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.