Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 koelbloedig doodgeskiet vir selfoon
Twee jong mense is Sondag koelbloedig doodgeskiet nadat hul Toyota-bakkie sonder brandstof gaan staan het. Foto: Verskaf

Twee jong mense is Sondag doodgeskiet nadat die bakkie waarin hulle gery het sonder brandstof gaan staan het.

Kol. Lungelo Dlamini, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n 19-jarige man en 23-jarige vrou is naby die Putfontein-wisselaar in Benoni doodgeskiet.

Dlamini sê daar word vermoed die twee is in hul Toyota-dubbelkajuitbakkie oorval.

“Hulle is vermoedelik deur drie mans aangeval wat hulle koelbloedig doodgeskiet en daarna die bakkie aan die brand probeer steek het,” sê Dlamini.

Volgens Dlamini het lede van die publiek gehelp om die vlamme te blus.

Hy sê die verdagtes het ’n selfoon gegryp voordat hulle te voet gevlug het.

Die bakkie waarin twee jong mense Sondag gery het. Die bakkie het sonder brandstof gaan staan naby die Putfontein-wisselaar in Benoni. Die twee jong mense is deur gewapende rowers oorval en koelbloedig doodgeskiet. Foto: Verskaf

Die man en vrou is op die toneel dood.

Ross Campbell, ’n ER24-woordvoerder, sê paramedici het omstreeks 12:30 by die toneel opgedaag.

Die man se lyk is buite die bakkie aangetref. Hy is verskeie kere geskiet, sê Campbell.

Die vrou se lyk, met ’n enkele koeëlwond, is in die bakkie aangetref.

Twee werkers het saam met die man en vrou gery en het van die toneel gevlug. Hulle het later, nadat die ambulans opgedaag het, na die toneel teruggekeer.

“Hulle beweer ’n groep mans het hulle genader nadat hulle langs Putfonteinweg stilgehou het waar die brug oor die N12 gaan,” sê Campbell.

Dlamini het gesê ’n beloning word aangebied vir enige inligting wat die polisie kan help om die skuldiges aan te keer.

“Die verdagtes is gewapen en gevaarlik en lede van die publiek word gewaarsku om hulle nie te konfronteer nie, maar eerder hul naaste polisiekantoor te kontak,” het Dlamini gemaan.

Meer oor:  Er24  |  Putfontein-Wisselaar  |  Benoni  |  Skietvoorval  |  N12-Moorde  |  Misdaad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.