Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 kry nie borgtog nadat baba ‘verkoop’ is

Die twee vroue wat na bewering betrokke was by die verkoop van ’n pasgebore baba, is borgtog geweier in die landdroshof in Cala in die Oos-Kaap.

Yamnkela Nkote (21) en Beauty Simoto (30) het Maandag vlugtig in die hof verskyn.

Hulle is Donderdag in Kemptonpark aan die Oos-Rand deur die Valke aangekeer.

Volgens Lwando Zenzile, woordvoerder, het Nkote op 10 Oktober aan haar baba geboorte gegee.

Na wat verneem word, het sy haar baba aan Simoto oorhandig. Die polisie se ondersoek toon Nkote en Simoto het mekaar in Februarie ontmoet.

Nkote het die pasgebore baba na bewering sonder die pa se toestemming aan Simoto gegee, en het vir hom gejok deur te sê die kind is dood.

Sy het egter later toegegee dat sy die baba aan ’n vrou in die Johannesburg-omgewing verkoop het.

Nadat die Valke die baba opgespoor het, is die kind in sy biologiese pa se sorg geplaas.

Die twee vroue moet weer op 2 November in die hof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.