Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 lyke langs Baaise strandfront gekry

Die lyke van twee mans is Sondag op twee verskillende plekke langs die strandfront in Gqeberha (Port Elizabeth) ontdek.

Speurders van die Humewood-polisiekantoor is gelas met die taak om te probeer vasstel hoe die mans, wat na verneem word straatslapers is, dood is.

Die lyk van die eerste man is om 05:00 ontdek deur ’n veiligheidswag van ’n hotel in die Humewood-omgewing.

Die liggaam van die man, tussen 45 en 50 jaar, is naby Happy Valley gevind.

Om 07:30 het ’n drawwer afgekom op ’n lyk naby Koningstrand.

Dié man was tussen 60 en 65 jaar oud.

Nie een van die twee lyke het sigbare beserings nie.

Volgens die polisie kon hulle geen verband tussen die twee lyke vind nie.

Lykskouings sal gedoen word om die presiese oorsaak van die mans se dood te bepaal.

Geen misdaad word vermoed nie.

Die polisie gaan die oorledenes se identiteit bekend maak sodra hul familielede opgespoor en ingelig is.

Enigeen met inligting word versoek om die Humewood-polisiekantoor te bel by 041 504 5019 of Stop Misdaad by 08600 10111.

Meer oor:  Gqeberha  |  Lyke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.