Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 lyke met koeëlwonde langs pad gevind

Die lyke van twee mans met koeëlwonde is Woensdagoggend langs die pad duskant Centurion gevind. Hul hande was ook vasgebind.

Die grusame vonds is gedoen op die R511-pad naby Primulalaan, ’n bedrywige roete in die landelike omgewing wat na verskeie lodges lei.

Lede van gemeenskapsveiligheidsgroepe, wat eerste daar was, het dus die toneel vinnig van die verbygaande verkeer afgesper.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die Erasmia-polisie ondersoek die twee moorde nadat iemand hulle die oggend gebel het oor die lyke wat langs die pad lê.

“Die polisie het afgekom op lyke van twee mans, een met ’n koeëlwond in die bolyf en die ander met ’n wond laer in sy liggaam. Die motief vir die moorde is tans onbekend en die polisie versoek mense met inligting om hulle te kontak,” sê Masondo.

Dit is in dié stadium ook onbekend of die mans doodgeskiet is op die plek waar hulle gevind is, en of hulle iewers anders vermoor is voordat hul lyke langs die pad afgelaai is.

Mense wat daar was sê dit het gelyk asof albei mans ook óf hoofbeserings óf skietwonde in die kop het.

Mense met inligting kan hul naaste polisiekantoor of 08600 10111 bel.

Meer oor:  Centurion  |  Lyke  |  Vasgebind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.