Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 mans met vrag dagga by Beaufort-Wes betrap
Sakke vol dagga staan langs die N1 by Beaufort-Wes, nadat ’n vragmotor Saterdagaand deursoek is en twee Zimbabwiërs in besit van 320 kg dagga gevind is. Foto: Verskaf

Twee buitelanders is Saterdagaand in hegtenis geneem nadat 320 kg dagga in ’n vragmotor by Beaufort-Wes gevind is.

Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, het bevestig dat ’n verkeersbeampte om 19:45 die twee Zimbabwiërs op die N1 voorgekeer en op dagga met ’n geraamde waarde van R640 000 beslag gelê het.

Toe lede die vragmotor deursoek, is 32 groot sakke met dagga gevind.

Africa sê die 29-jarige en 32 jarige mans is in aanhouding in Beaufort-Wes en behoort binnekort in die hof te verskyn.

’n Lid van die provinsiale verkeersdienste in die Wes-Kaap deursoek ’n vragmotor waarin dagga vervoer is op die N1 by Beaufort-Wes. Foto: Verskaf
Meer oor:  Beaufort-Wes  |  Dagga  |  Klopjag  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.